SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

trappie  koffie  gawes  boom  dood  engel  wees  forgotten  vers  gedigte  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
bysiende ..? EmptyFri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
bysiende ..? EmptyFri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
bysiende ..? EmptyFri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
bysiende ..? EmptySat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
bysiende ..? EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
bysiende ..? EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
bysiende ..? EmptySat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
bysiende ..? EmptyThu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
bysiende ..? EmptyThu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

January 2020
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

bysiende ..?

Go down  Message [Page 1 of 1]

1bysiende ..? Empty bysiende ..? on Tue Nov 15, 2011 10:55 am

Admin

Admin
Admin
dit lyk asof jy
- witstokstruikelend -
nie blind, maar voel-voel,
blindelings, doelloos
pik-pik
- jou oë, versiende,
op die onsiende te rig -
met buitelyne van beelde
brutaal
(soos bobbejaanspinnekop
vaagsiende slegs die buitelyn)
- die fokus diffuus te spikkellyn -
soos oë met gebrilde bi-vokaal
wat dikglas-multi-vokaal
swymel in 'n kop vol rooi wyn

en kortsigtig
miopies-stiksienig
realiteit te ontken
vratte op die werklikheid
én waarheid
vreemd te vroetelvoel
en asof in braille
alles (en ook skoonheid)
vaag te ervaar

en al wat jy moet doen
is om my hand momenteel
te raak
jou oë oop te maak

om te kan s-i-e-n

dat 'n moerasrosie
seldsaam
soos sy proteanaam
hier vlak voor jou
s-t-a-a-n

http://splinterdrome.poeticforum.com

2bysiende ..? Empty Re: bysiende ..? on Tue Nov 15, 2011 11:58 am

Admin

Admin
Admin
soos ek vanoggend gese het, hierdie (soos meeste van woord moeder se werk) maak my so klein voel, die is werklik letterkunde

http://splinterdrome.poeticforum.com

Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum