SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

engel  forgotten  boom  gawes  koffie  trappie  wees  dood  gedigte  vers  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Drie-enige Grondmotief EmptyFri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Drie-enige Grondmotief EmptyFri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Drie-enige Grondmotief EmptyFri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Drie-enige Grondmotief EmptySat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Drie-enige Grondmotief EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Drie-enige Grondmotief EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Drie-enige Grondmotief EmptySat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Drie-enige Grondmotief EmptyThu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Drie-enige Grondmotief EmptyThu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

January 2020
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Drie-enige Grondmotief

Go down  Message [Page 1 of 1]

1Drie-enige Grondmotief Empty Drie-enige Grondmotief on Fri Nov 11, 2011 1:58 pm

Fafnir

Fafnir
my geboorteland lê

duisende gedagtes en kilos vêr

[ maar dit weet jy , sins ons eerste

kuber opsitbrieffies ]

as ek sê 'moed' dan fokus my gewete

op `n teutoonse woud

met welriekende hekse

en helde wat die wesenlike oorlogsweg

uit die dieptes van haar vroulike lewenslus

opeis ... afsmeek ... of afmin

[ ek raak spuls vir toekoms

my casino-druppeltjies streepkousvrou ]



Maar ook, willens en wetens :

praat ek plotselings Hebreeus ...die gehate taal

en loop saam met drie wyse,wyse manne

na `n herdersdorp in Nasaret

waar `n duisendvoeterkomeetmylief

`n helder Lig oor `n suigling gooi

waar `n infantiele sekerheid van Mag

my op my riddersknieë dwing

[ Ek raak lus vir oorlog

my Valkierie kenner van die Stryd ]



God het gewil , my liewe,liewe heks van God

dat sy Wese in drievoud verhelder word

ek is sy Skadu , daarom soek ek streng

na die derde Vorm teen die voet van Olympus

waar die prag van lewe plasties gevorm het

tussen `n lieflike vrou en haar dapper-dapper held

waar Prometheus se reusekragmylief

hom teen die gode op laat staan :

om ons te red uit die donker,koue aardse lewe

en waar vrou onvermydelik heilig was

en man , o man so `n pragtige Beeld !

[ ek voel so mooi in jou prag ]



ek is bankrot : dis God se rand en sent

waarmee ek my daaglikse pralines koop

dis God se Krag van verstand en spier

waarmee ek daaglik my salaris gaan verdien

tog gee hy my , my wysetoekomsvrou

`n Kosbaarheid wat jy nêrens anders sal vind nie:

My opregte liefde vir jou

(Daarom: wete dat ons saam toekoms bou)

2Drie-enige Grondmotief Empty Re: Drie-enige Grondmotief on Fri Nov 11, 2011 7:01 pm

Ronel Holtz

Ronel Holtz
Lance sou net se ek word stil voor hierdie woorde........ hierdie is 'n besondere en bewonderwaardige ode aan die vrou!

3Drie-enige Grondmotief Empty Re: Drie-enige Grondmotief on Sun Nov 13, 2011 11:40 pm

Besoeker


Guest
ode aan 'n vrou innerdaad

Sponsored content


Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum