jy kruip deur my drade
asof jy nog hier woon
maak jouself sit-le
so staan-staan teen my hart se kosyne
krul op in my gemakstoel
voor die winter vuur
om elke greintjie wils besluit
te ondermyn
asof jy steeds besit reg het
tussen my warm mannin borste
as jy lui glimlag
voor jy wegstap
en deur die oop deur
verys die vlamme
op half verkoolde stompe
van 'n wintervuur
asof jy nog hier woon
maak jouself sit-le
so staan-staan teen my hart se kosyne
krul op in my gemakstoel
voor die winter vuur
om elke greintjie wils besluit
te ondermyn
asof jy steeds besit reg het
tussen my warm mannin borste
as jy lui glimlag
voor jy wegstap
en deur die oop deur
verys die vlamme
op half verkoolde stompe
van 'n wintervuur