SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

gedigte  wees  vers  boom  trappie  forgotten  dood  koffie  engel  gawes  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Vryheid EmptyFri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Vryheid EmptyFri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Vryheid EmptyFri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Vryheid EmptySat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Vryheid EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Vryheid EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Vryheid EmptySat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Vryheid EmptyThu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Vryheid EmptyThu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

January 2020
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Vryheid

Go down  Message [Page 1 of 1]

1Vryheid Empty Vryheid on Tue Mar 06, 2012 1:59 pm

kolaiah


Vryheid
'n skildery gedagteskets in grafiese presisie
ek sien dit as ek slaap-as ek sommer net droom
die Afrika son altyd in posisie
stof rooi afge-ets in reguit lyne om die straal se soom
Die reuk van koffie en vars room
wagter slaap in die skadu van 'n boom

O land van my vaders so wyd en so mooi
in die somer in groen en reënboog getooi
die dawerende luid van trom en tamboer
'n tortelduif koer

Mag die son weer helder skyn
Mag die dogter van Afrika met reinwit omlyn
Skommel satyn wit en grys
sabel en sand in die tuur van die boer
goudbruingebrand
golwende swart hare - al grys die baard
flitsende oog wat onderlangs loer
Onderdeur sy hoed se rand.
Roer in die hand

As die donder kom om te reën
die jakkals huil
die naguiltjie ween
As die bliksem slaan in die kuil
As die trompet van ons vryheid blaas
elkeen weer sy eie baas
op sy eie plaas
niemand raas
O God hoor my smeek
Ons land is honger, arm en bleek
Help ons om die vloek te breek

Help ons O God van ons vaders
Rig op die sterkes en die daders
snoer die monde van die praters

Gee vir iemand 'n plan

Amen

Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum