as ek nou sou
elke boom, plant en roosknop roep
as ek elke een wat in geloof staan
(ongeag die naam op die vlag)
as ek ernstig sou wou vra
"ek alleen is genesend duidelik nie sterk genoeg"
om saam gelyk
(amper soos wanneer al die chinese in china gelyk spring)
te vra jy van jou blindheid genees
en weer heel word in jou gees
sou jy dan,..
vir my my eie potjie suurpap maak
een ek op die trappie so uit die pot kan eet
gesprinkel met bruinsuiker
(soos my ma altyd kon doen)
as dit sou gebeur
(in hierdie droom van my)
sou jy dan laggend daar wees
as ek my stout kind verlustig
in jou teenwoordigheid
as die sprong nou nie die aarde se as beweeg
maar net dinge anders maak
sou jy seker maak
ek kry nie koud as ek myself in die nag oopskop
en slaap gelukkig teen jou aankruip
as elke boom en roosknop en gelowige nou
vir my gelyktydig sou
n korreltjie glo sou gee
sou jy dan heel kon begin
sonder verwyt of trane
en vir my feetjies in my bome hang
net omdat,....
ek vir jou kosbaar is
en jy wou?
elke boom, plant en roosknop roep
as ek elke een wat in geloof staan
(ongeag die naam op die vlag)
as ek ernstig sou wou vra
"ek alleen is genesend duidelik nie sterk genoeg"
om saam gelyk
(amper soos wanneer al die chinese in china gelyk spring)
te vra jy van jou blindheid genees
en weer heel word in jou gees
sou jy dan,..
vir my my eie potjie suurpap maak
een ek op die trappie so uit die pot kan eet
gesprinkel met bruinsuiker
(soos my ma altyd kon doen)
as dit sou gebeur
(in hierdie droom van my)
sou jy dan laggend daar wees
as ek my stout kind verlustig
in jou teenwoordigheid
as die sprong nou nie die aarde se as beweeg
maar net dinge anders maak
sou jy seker maak
ek kry nie koud as ek myself in die nag oopskop
en slaap gelukkig teen jou aankruip
as elke boom en roosknop en gelowige nou
vir my gelyktydig sou
n korreltjie glo sou gee
sou jy dan heel kon begin
sonder verwyt of trane
en vir my feetjies in my bome hang
net omdat,....
ek vir jou kosbaar is
en jy wou?