Woorde
ek veldbrand
my woorde
bars oor grense
dwarsdeur mense
hang aan lippe
romantiseer harte
verf strate geel-oranje
kleur wolke goud
lê kronkel wandelpaaie
druis riviere vol
skeur die aarde oop
boor are raak
my lief-taal
skiet oral saad
en groei soos mos
oor berg en dal
© WERNER WEHMEYER 2012
ek veldbrand
my woorde
bars oor grense
dwarsdeur mense
hang aan lippe
romantiseer harte
verf strate geel-oranje
kleur wolke goud
lê kronkel wandelpaaie
druis riviere vol
skeur die aarde oop
boor are raak
my lief-taal
skiet oral saad
en groei soos mos
oor berg en dal
© WERNER WEHMEYER 2012