SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

dood  forgotten  gawes  wees  engel  boom  vers  koffie  gedigte  trappie  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Verset EmptyFri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Verset EmptyFri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Verset EmptyFri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Verset EmptySat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Verset EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Verset EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Verset EmptySat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Verset EmptyThu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Verset EmptyThu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

January 2020
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Verset

Go down  Message [Page 1 of 1]

1Verset Empty Verset on Sun Jan 08, 2012 8:58 am

kolaiah


VERSET
O land van sonskyn
‘n stad het gesink
Mercedes benz - Swart - voorlangs blink,
Onder stink
Daaglikse transaksies
deur korrupsie beklink

Die wit flenter-jas- man met kepe van swaarkry
en haat
oë wat veragtend dink
Sal maar liewer drink
Hoe is dit moontlik
dat die ander so blink?
Terwyl my lyf en my asem so stink?

Die wit man sonder werk
raap en skraap om sy gesin te laat eet
Drink om te vergeet
Sy baas met sy speknek
Nat kroeste
Is vetterig met ‘n groot bek
grynslag op sy gevreet

Dis bitter om ‘n witmens in Suid Afrika te wees
Nog ‘n dop . Dis die gees!!
2012 nog ‘n jaar
van magteloosheid en vrees
Beter om dronk te wees
Nog ‘n jaar
waar tik en brannewyn
koning kraai
nog ‘n kind is wees

Weduwees word meer
haar man was te wit gewees
Kon wanhoop nie keer
Om dronk te vrek
Was al uitweg gewees
“wie is ek om my bek te rek?”
Moedeloos, magteloos
sonder hemp of broek
verag, minder mens
deur die establishment vervloek

Affirmative action het sy tol geëis
Duisende wittes sonder kar
sonder geld sonder huis
Kinders uit die skool
met laaste geld
op die vliegmasjien
om die wêreld te sien
Wyl hul weet
hier is nie werk
niks geld om te verdien

Jou vel is te wit
aanvaar dit tog
jys nou die myt
Jy is verlam deur die moord en bedrog!
te sleg om te werk
Deur jou eie mense uitgekryt
deur die rykes verag en verloën
armoede is jou verdiende loon!!

Diep daar binne….
is elkeen wat eens wel-af was
met protes gedagtes belas
Woede broei
In die bors se kas
Verset , betoog, rebelleer
Is die swaard wat onse God ons gee
Om die bedrog te keer
Tot Sy Eer

Wie kan dit keer?

© 2012 - Kolaiah

2Verset Empty Re: Verset on Sun Jan 08, 2012 11:46 am

Ronel Holtz

Ronel Holtz
hoeveel bloed moet vloei voor die verset die nasie laat saamstaam!

3Verset Empty Re: Verset on Mon Jan 09, 2012 10:21 am

Fafnir

Fafnir
verset ... van oraloor begin die verset gaandeweg oplaai ; mag ons ons bewus word van die ware Krag agter `n moontlike herbelewing . Dapper vers !

Sponsored content


Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum