SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

dood  koffie  gedigte  forgotten  boom  gawes  trappie  vers  wees  engel  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
langs die doodskis van my pa EmptyFri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
langs die doodskis van my pa EmptyFri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
langs die doodskis van my pa EmptyFri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
langs die doodskis van my pa EmptySat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
langs die doodskis van my pa EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
langs die doodskis van my pa EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
langs die doodskis van my pa EmptySat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
langs die doodskis van my pa EmptyThu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
langs die doodskis van my pa EmptyThu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

January 2020
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

langs die doodskis van my pa

Go down  Message [Page 1 of 1]

1langs die doodskis van my pa Empty langs die doodskis van my pa on Tue Dec 20, 2011 12:28 pm

Utopian Indigent


die somer eindig vroeg en kras

in regerings wat val en dinge wat was;

waar die naam eens hoop en vastheid was

vee aardbewing op bewing Christchurch plat;

in die nanag sak ’n kilheid wat

ek om my voete verwens -

was dit net ʼn mens

of dalk alles, wonder ek

as vlamme aan die soom van die lewe lek

waar ek stilstaan met ʼn fles vol as



herfs is as blare swerf

en op die lui herfsaarde sterf

maar die geel word gou grou in Naudestraat

en skielik voel dit baie laat;

ek verstel horlosies oor en oor

maar êrens voor hierdie vroeë herfs

het ek sleepvoet ʼn seisoen verloor

waar ek deur vergete agterplase swerf



in die stilheid van die winter

klap ʼn skoot: hout wat versplinter

as een boom na ʼn ander

oud en droog word soos klimaat verander;

ʼn blinde Bedoeïen

vertel my ek sal eendag beter sien

maar eers vee ek wasem van die spieël

soos trane wat vorm op my siel

en ek wonder:

was dit wat nou dom is dan eens skrander?



sal die lente nuwe lewe bring?

sal die reënvoël weer viriel

in my tuin kom sing?

sal die son weer versengend brand?

sal liefde nog die trane weg kan soen?

is die newels en die spinnerak

dalk daarteen bestand?

of is hierdie onaardse seisoen

ʼn klip waarom water al hoe wyer kring?



©Torm 2011

2langs die doodskis van my pa Empty Re: langs die doodskis van my pa on Tue Dec 20, 2011 12:32 pm

Ronel Holtz

Ronel Holtz
ook hierdie werk is pynlik bring onthoue terug met perfekte helderheid

3langs die doodskis van my pa Empty Re: langs die doodskis van my pa on Tue Dec 20, 2011 2:30 pm

Elmi

Elmi
ek het nie woorde nie xxx

Sponsored content


Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum