SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

vers  dood  forgotten  trappie  gawes  koffie  boom  wees  engel  gedigte  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Apokalips EmptyFri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Apokalips EmptyFri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Apokalips EmptyFri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Apokalips EmptySat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Apokalips EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Apokalips EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Apokalips EmptySat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Apokalips EmptyThu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Apokalips EmptyThu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

January 2020
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Apokalips

Go down  Message [Page 1 of 1]

1Apokalips Empty Apokalips on Wed Dec 14, 2011 12:37 pm

Utopian Indigent


een van hierdie dae

gaan die uitspansel breek

en, soos my hartseer oor jou,

op pyn-verwronge planete stort



een van hierdie dae

gaan die berge losskeur

en, soos my hart in dié wete,

in die see val en reddeloos verdrink



een van hierdie dae

gaan boeke vol eina woorde

soos swart voorbodes van ons liefde

hartseer waar word in die grouste winter



een van hierdie dae

gaan die leërskare van soldate

ad hoc pyn en verwoesting saai

soos ʼn Openbaring sonder ʼn Wit Ruiter

en so, sonder einde, sonder vertroosting,

sonder jou

kan ek geen more in die oë kyk nie


© Torm 2011

2Apokalips Empty Re: Apokalips on Wed Dec 14, 2011 12:55 pm

Ronel Holtz

Ronel Holtz
UI/ Thorm, soveel jare lees ek al jou werk en dit stamp my gereeld om, hierdie een laat my besef ek nie n resensie skrywer se dinges nie want ek kan werklik nie die woorde vind wat hierdie gedig en hoe dit my laat voel beskryf nie! Hierdie werk is 'n uitstaan stuk selfs vir jou wat deur die jare al soveel meester stukke geskryf het gryp hierdie gedig my en skud my geweldadig!! Ek is vanaand klein voor jou werk, dankie

3Apokalips Empty Re: Apokalips on Wed Dec 14, 2011 1:17 pm

Utopian Indigent


Haai dankie Ronel. Jy't mos gese ek moet iets hier plaas toe bring ek maar die ene'tjie.
Jy kan vir interessantheid die (heerlike) tienerfliek "I am number four" kyk en sien of jy die liedjie heel aan die einde waar held en heldin vir altyd groet, in my gediggie herken...dis waar dit vandaan kom en hy's al 'n hele paar maande oud.

4Apokalips Empty Re: Apokalips on Wed Dec 14, 2011 2:31 pm

jeanelle

jeanelle
Bravo, UI ! Een van jou bestes!

5Apokalips Empty Re: Apokalips on Wed Dec 14, 2011 10:41 pm

Utopian Indigent


Baie dankie Jeanelle.

6Apokalips Empty Re: Apokalips on Tue Dec 20, 2011 6:09 am

Besoeker


Guest
Jy verklaar jou geheel teenwoordig en die omvang van die emosie wat jy hier uitbeeld is ongelooflik "tasbaar". 'n Puik werk UI, soos altyd. Jy handhaaf standaarde waarna ek slegs kan smag.

Sponsored content


Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum