Tussen nou en haar drome het sy verdwaal
naarstiglik na die ompad huistoe gesoek
gewag dat iemand haar tog moet kom haal
al wat sy het is haar swart nommerboek
sy het die pad daarheen lankal vergeet
die bakens van goed en kwaad gevat
het sy maar van selfvernietiging geweet
sou sy waaragtig wegbly van hierdie pad
in maanlig het haar hart haar verraai
sy het hom duidelik op haar mou gedra
wanneer sy haar kop na my toe draai
en dat ek haar moet liefhê vir my vra
verstrengelde drome vervleg in gister
wat in seermaak trane se kuile verdrink
waar sy op haar einde wag, so sinister
dat selfs die grys skadu's haar nader wink
haar reis gebaan het sy reeds betaal
hier sal sy in gister se slaap lê en wag
iewers sal iemand kom om haar te haal
en gister se geroep sal ophou lag
naarstiglik na die ompad huistoe gesoek
gewag dat iemand haar tog moet kom haal
al wat sy het is haar swart nommerboek
sy het die pad daarheen lankal vergeet
die bakens van goed en kwaad gevat
het sy maar van selfvernietiging geweet
sou sy waaragtig wegbly van hierdie pad
in maanlig het haar hart haar verraai
sy het hom duidelik op haar mou gedra
wanneer sy haar kop na my toe draai
en dat ek haar moet liefhê vir my vra
verstrengelde drome vervleg in gister
wat in seermaak trane se kuile verdrink
waar sy op haar einde wag, so sinister
dat selfs die grys skadu's haar nader wink
haar reis gebaan het sy reeds betaal
hier sal sy in gister se slaap lê en wag
iewers sal iemand kom om haar te haal
en gister se geroep sal ophou lag