SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

boom  vers  gawes  gedigte  trappie  koffie  engel  wees  dood  forgotten  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
weer eens op 'n dwaalspoor -  (Marie/Mce Bredenkamp 2011-11-23) Kopiereg voorbehou EmptyFri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
weer eens op 'n dwaalspoor -  (Marie/Mce Bredenkamp 2011-11-23) Kopiereg voorbehou EmptyFri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
weer eens op 'n dwaalspoor -  (Marie/Mce Bredenkamp 2011-11-23) Kopiereg voorbehou EmptyFri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
weer eens op 'n dwaalspoor -  (Marie/Mce Bredenkamp 2011-11-23) Kopiereg voorbehou EmptySat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
weer eens op 'n dwaalspoor -  (Marie/Mce Bredenkamp 2011-11-23) Kopiereg voorbehou EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
weer eens op 'n dwaalspoor -  (Marie/Mce Bredenkamp 2011-11-23) Kopiereg voorbehou EmptySat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
weer eens op 'n dwaalspoor -  (Marie/Mce Bredenkamp 2011-11-23) Kopiereg voorbehou EmptySat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
weer eens op 'n dwaalspoor -  (Marie/Mce Bredenkamp 2011-11-23) Kopiereg voorbehou EmptyThu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
weer eens op 'n dwaalspoor -  (Marie/Mce Bredenkamp 2011-11-23) Kopiereg voorbehou EmptyThu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

June 2019
MonTueWedThuFriSatSun
     12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

weer eens op 'n dwaalspoor - (Marie/Mce Bredenkamp 2011-11-23) Kopiereg voorbehou

Go down  Message [Page 1 of 1]

Admin

Admin
Admin
ek soek jou (steeds)
tussen pietersielie
en roosmaryn

volg die geur
van katjiepiering
en soetemaling

luister na die stiltes
tussen jou hart se slag en klop

met nuanses van kiewietskree
en hadidas
se bangmaakkreet

wat jou oë laat lag
soos die klap
van vonkelwyn
se wegskietprop

maar dan versink
my siel
soos
klip-in-die-leidam

as jou sonore stem
afgemete voordra
uit verse
van die dertigers

dan gly my vingerpunte
oor die letters
van jou selfgemaakte woorde

en liefde word jy

jy word woorde

versreëls word strofes

en ék lê versmoor'
tussen d' lettergrepe
en omhelsing
van pikante metafoor
van jou vers -
maar vind
geen verbinding
of aanklank
by my hart
of verlange onverwoord

maar die letters
bly (sonder weerklank)
hol
maak nie die holtes
van my hunkering
vol

jy soektog bly vrugteloos

jou verse het nie identiteit

die kern van jou strofes
bied nie skuiling

bly
vir die vlugteling

'n niemandsland

'n hut sonder asiel

View user profile http://splinterdrome.poeticforum.com
woord moeder, hierdie weereens n skrywe wat my laat wonder hoe ek ooit soveel so diep so fyn nerf teen die been sal kan dig, hierdie is fantasties

View user profile

Besoeker


Guest
Saam staan ek in die allergrootste verwondering hierby stil. Skitterend!

Sponsored content


Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum